VOERTUIG R27120 SEKSIE 1 PL I
1. Ek het met die beweging op die pad 14 voor af beweeg en waar ons van die teerpad op die grondpad gegaan het, het ek vir 110 my spaarband gegee en die voertuie agter my verbygegaan. Ek heet toe weer begin beweeg en het net voor 9A gery. By die aanvullingspunt het ek weer my regte posisie in die formasie ingeneem.
2. Toe ons by die kaplyn kom, het ons in gevegsformasie in beweeg en ek het links langs die spilvoertuig beweeg. Ons het toe so gery en na `n paar kilometer het ons weer in kiellinie in beweeg. Ons het toe so beweeg en net voordat ons die basis ingaan, het die vliegtuie die plek bestook.
3. Ons het presies om 13h45 ontplooi in gevegsformasie links en deur `n mielieland by `n kraal gery. Toe ek by die mielieland uitkom het ek net skote hoor klap en ons het toe begin skiet. Ek het net langs 11 beweeg en toe hoorons `n klik voor by die kanon. Die kanonnier het gedink dat dit die sluitstuk is wat vorentoe gegaan het, sonder om `n rondte in die kamer te druk. Ek het toe probeer om die kanon te span, maar ek kon dit nie regkry nie. Die kanonnier kyk teo deur sy visiere en kom toe agter dat dit die visiere is wat stukkend geskiet is. Ek het toe besluit om vir om teikenaanwysings te doen en dat h moet skiet. Net toe ek opkyk het iemand (vy) my voorste sigblok stukken geskiet. Ons het toe sonder om iemand van ons eie magte om ons te sien beweeg. Die 2IB het toe geeskree dat 10A op ons regterflank is. Ons het saam met hulle beweeg en daar was `n groot gat in die grond. Ek het gesien hoe die mense daarin beweeg en die kannonier het 3 HE rondters daarin gevuur. Ons het verder beweeg en 13 het toe ook op my regterflank aangelsuit. Ek het toe die laaste loopgraaf opgemerk, reg voor die ratel se neus. Die drywer het teruggestoot om spoed op te tel en toe ons vorentoe beweeg, het hy die terroris wat in die loopgraaf opgestaan het, gesien. Hy het toe die terrdaar in die loopgraaf dood gery. Ons het toe aanbeweeg en by die ander voertuie op die suidelike kant van die basis aangesluit.
4. Met die deursoeking het ek met my seksie by Smuts aangesluit. Ons het in loopgraaf omtrent 80 mentse uitgehaal wat plat in die loopgraaf gelê het. Ons het deurbeweeg en toe ons omdraai, het ons die opruimingsgrp gehelp om die KG’s uit die basis te kry. Ek het toe met my seksie weer by die voertuie aangesluit. Ek het toe vir Salvage na die hospital geneem.
5. Toe ons weer by die voertuie aansluit, het ons begin beweeg en die aand het ons `n laer 3 km suid vanaf die basis ingeneem.