Op 4 Mei 1978 om 01h40 verlaat ons Oshivelo.Ons beweeg in kiellinie tot by baken 10, nadat ons by Ondangwa brandstofaanvulling gedoen het.My posisie in die formasie was sesde van voor af.
Vanaf baken 10 vir ongeveer vyf kilometer beweeg ons in gevesformasie, my posisie, tweede van regs op die regterflank.(Ons steek die grens 10h00 oor) Dan gaan ons weer oor in kiellinie tot by die opstelplek.
Om 13h30 doen die lugmag voorbombardement. Om 13h45 steek ons die afmarslyn oor in gevegsformasie. Deur die mielieland hou die formasie goed, maar sodra ons die bosse bereik het, het die formasie in twee afsonderlike formasies opgebreek, die linker- en die regterflank.
Daar was genoeg vyand, gevolglik het die kanonnier sowel as die skutters, goed geskiet.(Die kanon het ‘n storing gegee as gevolg van takke wat ingeval het) Die Ratel het die loopgrawe heel gemaklik oorgesteek, totdat ons die suidelike stellings oor is.
Daarna het ons ongeveer een kilometer verder suidwaarts uitgebuit, teruggekeer en opruimiing te voet gedoen. Krygsgevangenes is gevange geneem en loopgrawe opgeruim. Na herorganisasie, het ons beweeg na ‘n laergebied.
Die volgende dag, 5 Mei 1978, het ons kiellinievoor terugbeweeg, by Mahama basis het ons ‘n paar skote in die rigting van die basis geskiet.