PL 1 HK R56058
Ons het 18h45 ontplooi in die kraal noord van die basis. Ons voertuig, plus `n seksie voertuig was die spilpunt waarop al die ander voertuie gerig het. Ons taak was om vas te stel of ons wel berede deur die doelwit kon beweeg.
Met die oorsteek van die eerste loopgrawe het ons maar gesukkel, want die drywer het die voertuig in neutral gedruk, in plaas van eerste. Ons voertuig was eerste deur die basis, en ons het `n aantal terroriste ingejaag wat weggehardloop het. Ons het teruggekeer nadat ons gesien het dat daar nog terroriste in die basis was.
In die basis het ons een gewond en as KG geneem. Daarna het ons weer uit die basis beweeg en by die pantserkarre uitgekom. Die twee mediese ordonnase het gaan kyk of hulle iets kan doen vir die twee persone wie se voertuie uitgeskiet was, maar hulle was reeds dood. Ons het daarna suid van die basis by die ander voertuie aangesluit, uitgestap, opgestel en weer deur die basis beweeg.
Ons het opdrag gekry om die kraal, suid-wes van die basis, op te ruim. Daar het ons `n aantal terroriste aangetref, die helikopters het ons gehelp en `n aantal terroriste wat probeer ontsnap het, gedood. Nadat ons die kraalkompleks opgeruim het, het ons die dooies getel, ingestap in die voertuie, en voortbeweeg na die laergebied waar ons oornag het.