61 Mech Stories

Korporaal Truebody is noodlottig gewond

Ons vertrek Angola toe

Om 10h00 die 3de Mei 1978 het Veggroep Juliet van Oshivello vertrek na Angola, om Swapo se hoofbasis te vernietig. Om 01h00 die 4de Mei het ons op Ondangwa aanvulling gedoen en weer op Ombalanto voor ons om 09h00 die kaplyn oorgesteek het by baken 10.

Ons troep het heeltyd voor beweeg, mer vier Buffels voor ons. Daar was nie ‘n duidelike pad nie en ons moes die heeltyd van peilings gebruik maak om die doelwit te bereik.

Naby ‘n klen dorpie ongeveer 10 kilometer van die doelwit af het ons vasgeval en moes ‘n Ratel ons kom uithelp. Ons het in die dorpie stilgehou en met van die inwoners gesels.Om 12h45 was ons naby die basis en moes ons wag vir die Lugmag om die basis te bombardeer.

Die geveg begin

Saam vandaar het ons na die westekant van die basis gejaag waar ons in stellings ingetrek het. Ons het ‘n entjie verder weg van die res van die troep getrek in ‘n redelike oop stelling, reg in die skootsvak van ‘n vyandelike vuurstelling.

Ons het begin vuur met ons masjiengeweer, maar ons het probleme gehad met storings, ons was die heeltyd onder hewige vuur. Ons het twee 90 bomme gevuur in die rigting waar ons die vyand sien beweeg het. Toe korporaal Truebody die derde bom wou laai, was daar ‘n geweldige ontploffing en die kar het begin brand.

Korporaal Truebody is gewond

Ek en kavelaris AF Belo, die drywer, het uitgeklim nadat ons gesien het korporaal Truebody is noodlottig gewond. Ons het ons persoonlike wapens gevat. Ons was nog deels onder hewige vuur en ons het terug gehardloop na beter skuiling.

Korporaal Kanes het kom help

Korporaal Kanes het na ‘n rukkie na ons toe gekom. Ek en Belo het in sy kar geklim en hy het as drywer in ons kar geklim en toe het ons na die mediese pos vertrek. Ek en Belo het by die mediese pos gebly tot na die geveg.

Belo is daaarna afgevoer na Ondangwa toe waar hy moes behandeling kry vir ‘n wond in sy regterskouer. Ek het toe eers gesien dat ons kar ondiensbaar was, aangesien albei masjiengewere beskadig was en dat die elevasietoestel ook beskadig was.

Die laaste ruk

Ek is daarna oorgeplaas na majoor Kruger se Ratel, waar ek gebly het tot die volgende oggend op Ombalantu, waar ek in die kar van oorlede korporaal Bridgeman oorgeplaas is as spanbevelvoerder.

Van Ombalanto het ons teruggekeer na Osihivello toe.