61 Mech Stories

Ek jaag die vyand met my Ratel

Ons het pas deur die eerste loopgraaf in die basis in beweeg toe ek links 10h00 ‘n persoon met ‘n geweer sien hardloop. Onmiddelik het ek vir die kanonnier ‘n teikenaanduiding geskree, maar om die een of ander rede kon hy nie raakskiet nie.

Dus het ek dadelik begin links swaai om die vyand met die Ratel in te jaag. Majoor van Lill het nog gese ek moet stadig en pasop vir dik bome. Op daardie stadium was ek reeds vreeslik gefrusteerd, want orals hardloop vyand en ek kan nie skiet nie.

Die vyand het in ‘n kraal ingehardloop, maar ek het voet neergesit en toe die Ratel die kraal binne storm was hy besig om pale uit te trek om weer uit te kom.

Die linker voorkant van die Ratel het hom gestamp en met die voorwiel oor hom gery.